Sjoe Lollos, jy is darem slim! Op al jou opwindende reise na die Aarde het jy en Lettie al soveel lekker dinge geleer terwyl julle ook hope pret gehad het saam met Disco en die span! Hierdie splinternuwe, kleurvolle vertoning fokus op die interaktiewe vaslegging van lekker lessies wat Lollos & Lettie geleer het. Deur middel van opgewekte musiek en energieke danspassies maak Lollos & Lettie dit maklik vir die maatjies om saam te leer, saam te lag en uitbundig saam te dans. Sien uit na treffers soos Tandeborsel, Babbelbekkie, Die Vriendelike Dokter, Oppaktyd en meer om saam slimmer te word – en natuurlik ook ‘n lekker dosis immergroen Lollos-bekendes wat almal se boudjies sal laat wikkel!
Event Venue
Curro Mount Richmore Independent School 1 New Salt Rock Road, 4391 Salt Rock
Comments 0